My kwikmeter moet toe sak

Ek het hierdie nota op my notabord, en staar soms daarna om die waarhede vas te lê in my kop.

Die eerste 2: Ek ken mense wat daaraan ly, maar dis ‘n goeie plan om seker te maak ek pootjie nie oor die waarhede nie.

Ek wil gesels oor die derde punt: Not to be Grateful.

Ons ACVV (Maatskaplike dienste kantoor) verkoop boekies met etekaartjies wat mens vir bedelaars kan gee. Geld gee ons nooit, hier is te veel gom-goed in die strate te koop.

Die dankbare bedelaars kan nie gou genoeg wegkom nie, want aan die ander kant van die kaartjie is ‘n bord warm kos. Vleis, reis, groente. ‘n Ordentlike bord wat te veel vir my sal wees om te absorbeer. En ek is ‘n girl wat lekker kan eet.

Die arrogante bedelaar wat ‘n tweede kaartjie vra, slaan my stom. Een bord kos is te min vir sy honger, reken hy. Nou kyk, dan… dan raak ek ongeskik. Ondankbaarheid is my no! no! in die lewe. Net daar sê ek: “O, jy is nie tevrede met wat ek jou skenk nie. Gee dit maar terug.”

Ek soek ‘n behoorlike definisie van ondankbaarheid in die woordeboek, maar dit werk nie. Ek wil dit sommer omskryf as onbeskof of gooi ‘n goed bedoelde gawe terug in iemand se gesig.

Maar nou ja, daar skop my brein in en my sagmoedigheid kry die oorhand oor my eens hoë kwikmeter. Staan ek in sy desperate skoene? Dalk het hy ‘n week laas geëet. Dalk wil hy vir iemand anders ‘n kaartjie skenk. Dalk…  Meneer die bedelaar moet ook maar sy dans ken in ‘n ongenaakbare harde en koue wêreld.

So, liewe Elsabé, wees jy maar net dankbaar vir dit wat jy het.

9 thoughts on “My kwikmeter moet toe sak

  1. O ja, ek’s met jou oor ‘be grateful’ … maar wanneer ek ook soms so bietjie vasskop oor ander se ‘ondankbaarheid’, dan fluister my ma in my oor: “My kind, ons ken nie hulle omstandighede nie – ons weet nie wat in hulle huise en harte aangaan nie”.
    Dan maak ek ook maar soos jy, sluk my verontwaardigheid en gee. Dankie vir daardie mooi ‘potplante’ waarvoor ons moet dankbaar wees – sulke eenvoudige dinge, maar so baie om voor dankbaar te wees!

    Liked by 2 people

  2. I agree with you.
    My first reaction would be “what the hell”
    But, as you say…we don’t know his circumstances.
    I have just had a good meal.
    I have a warm bed waiting for me.
    I am so grateful.

    Liked by 1 person

  3. Dankbaarheid… ja, dis soos Corna se ek wil ook baie vasskop! So naie manse verwag so maklik dat ander mense vir hulle sal help, dat hulle self niks wil doen nie, want hulle gaan dit mos kry!
    Daar is wel vreeslik baie om voor dankbaar te wees! Om ele dag wakker te word is een van daardie dinge! ❤

    Liked by 1 person

  4. Die etekaartjies is ‘n oulike idee. ‘n Man wat nou die dag vra vir ‘n ietsie was nie baie gelukkig met die kos wat ek hom gee nie. Hy het nie weer kom klop nie. ‘n Abder gereelde klopper is weer bly oor kos, nou is ek ook maar huiwerig om te gee. Ek wil nie dit aanmoedig nie. Vandag klop hy en vra of ek nie koejawels wil hê nie. Hy het dit seker iewers gekry en wil dit nou ruil vir ‘n geldjie. Toe dink ek aan tannie Mags. Sy het langs die drankwinkel gewoon. Gereeld bedelaars by die hek ontvang. Haar redenasie: Sy gee kos. As hul honger is, sal hulle dit eet. As hul net agter geld aan is, sal hulle nie weer kom klop nie. Iets wat ek ook moet onthou.

    Liked by 1 person

    • Die ander probleem bly ook maar veiligheid. Ek verkies om die kaartjie te gee, en dan stap hulle. Eerder as wat hulle die erf uitkyk terwyl ek kos maak. Het een keer ‘n man by my agterdeur gekry (deurklokkie het nie gewerk nie). Agterdeur was oop want huishulp was daar besig. Not good! Ook al die ervaring gehad dat iemand die kos wat ek gee, op die grond gooi. Kwikmeter se moses!

      Liked by 1 person

  5. Els, ek hou baie van die ete-kaartjie idee! Mens sien baie min bedelaars op die pad tussen SA en hier. Dié wat bedel sit by winkeluitgange en is heeltemal gestremd.
    Ek vergeet soms jy is ń predikantsvrou jong, so jou wêreld is propvol gee en bedien.🌺

    Liked by 1 person

  6. Terug pieng: Net nog ‘n bedelaar – toortsie.com

Lewer kommentaar